CARLETONVILLE, GAUTENG. – ’n Klein aardskudding het om 14:21 Vrydagmiddag op Carletonville plaasgevind.
Volgens Volcano Discovery het die skudding 3.1 op die Richterskaal gemeet. Die episentrum was 13,4 km vanaf Carletonville en het 10 km onder die aardoppervlak voorgekom.
Dit is nog nie bevestig of die skudding met mynaktiwiteite in die gebied verbind kan word nie.
Bronne: The Citizen, Carletonville Herald, Volcano Discovery





