Kleinseun skiet glo op ouma se aanvallers, twee dood

Lees ook :

Foto's: Echo-1 Security

GAUTENG. – ‘n Kleinseun het glo op 6 Junie sy ouma, wat deur drie mans op ‘n plaas in Tierpoort aangerand is, te hulp gesnel en op die verdagtes geskiet. Een is noodlottig op die toneel gewond, terwyl nog een later aan ‘n skietwond gesterf het. ‘n Derde het weggekom, maar is later aangekeer.

Echo-1 Security sê hulle beheerkamer is van die aanval ingelig. Die slagoffers was nie lede nie, maar reaksiebeamptes en Boschkop-GPF het hulle na die misdaadtoneel gehaas. In die huis is die getraumatiseerde familie aangetref wat verduidelik het hulle is deur drie gewapende mans aangeval. Die ouma is erg aangerand en een van die familielede het een van die verdagtes, ter beskerming van die ouma, doodgeskiet. Die ander twee verdagtes het weggehardloop. ‘n Hond van Echo-1 Security het ‘n gewonde verdagte in die berg gevind, terwyl die derde verdagte daarin geslaag het om te ontsnap. Die ouma is na ‘n hospitaal geneem, waar gevind is sy het harsingskudding opgedoen.

Ian Cameron van die DA sê die aanval het omstreeks 18:00 gebeur toe die verdagtes na bewering by die plaashuis ingebreek en die bejaarde vrou aangerand het. Haar kleinseun het haar glo hoor skree en het sy vuurwapen gegryp en die aanvallers gekonfronteer. Hy het een aanvaller wat sy ouma aangerand het geskiet en nog een gewond wat nader aan hom beweeg het. Die verdagtes het daarna gevlug.

Die polisie en veiligheidsmaatskappye, wat Echo-1 Security en die Boschkop Reaction Force insluit, het hulle na die toneel gehaas. Twee mans wat weggekruip het, is gevind. Die een met ‘n skietwond het later in die hospitaal gesterf, terwyl die ander een volgens Cameron in hegtenis geneem is.

Cameron sê ‘n vuurwapen is op die toneel gevind en die beseerde familiehond het die volgende dag teruggekeer.

Die verdagte wat in hegtenis geneem is, is vir huisroof, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en poging tot moord aangekla.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief