Kleinseun wat glo ouma doodmaak sielkundig geëvalueer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Daniel Louw wat na bewering sy ouma (76) met ‘n panga in die gesig gekap het, sal sielkundig geëvalueer word voordat die hofsaak weer op 27 Maart in die Kimberley-landdroshof hervat sal word.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die NVG, sê op die betrokke aand was die oorledene by haar huis saam met haar agterkleinseun, die seun van die beskuldigde. Louw het glo met ‘n mes en ‘n staalpyp opgedaag en op die dak rondgeloop voordat hy die huis in is. In die huis het hy glo tee en suiker van sy ouma geëis en haar toe met die panga in die gesig gekap. Die jong seun, het uitgehardloop om hulp te kry. Die ouma is kritiek beseer aangetref.

Louw bly in aanhouding.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief