WES-KAAP. – Onbekende aanvallers het Woensdagaand kort voor middernag vanuit ’n houtskoolkleurige VW Polo op die Kleinvlei-polisiestasie losgebrand.
Kol. Andrè Traut, Wes-Kaapse woordvoerder vir die polisie, sê geen beserings is aangemeld nie, maar die polisiestasie het strukturele skade opgedoen.
Traut sê die Valke, die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke, behartig die ondersoek.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





