Die kleredrag van die Suid-Afrikaanse span wat vanaf 26 Julie tot 11 Augustus aan die Olimpiese Spele in Parys, Frankryk, gaan deelneem, is Dinsdagaand by die Wieg van die Mensdom bekendgestel.
Volgens Sascoc is die uitrustings gemaklik en vergelyk dit goed met dié van ander lande se deelnemers. Die warm weer wat in Julie en Augustus in Parys ervaar word, is in gedagte gehou met die ontwerp van die klere.
Die klere is in samewerking met Mr. Price Sport bekendgestel.

Bronne: Sascoc, The South African, The Citizen

