NOORDWES. – Wernich Botha (33) het vandag in die Klerksdorp-landdroshof vir beweerde moord en poging tot moord verskyn. Die saak is verdere ondersoek tot 15 Januarie 2024 uitgestel.
Henry Mamothame, woordvoerder vir die NVG, sê die aanklag in die saak van poging tot moord op Hilton Pretorius (32) is na moord verander nadat Pretorius in die hospitaal oorlede is.
In die saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer het die staat die beserings wat PW Roos (44) opgedoen het, hersien en is die aanklag na poging tot moord verander.
Beide Pretorius en Roos is na bewering deur die beskuldigde aangerand.
“Sy aanklagte is nou na skedule 5 verander, maar die hof het sy borgtogstatus van R2 000 behou en hom beveel om nie met die staat se getuies in te meng nie.”
Bogenoemde sake is geregistreer waarna Botha in hegtenis geneem is, nadat hy na bewering op Sondag 3 September 2023 volgens polisieverslae na bewering vir Pretorius en Roos in ‘n parkeerarea van ‘n inkopiesentrum in Doornkruin, Klerksdorp aangerand het. Die voorval is aan die polisie rapporteer.
Beide die slagoffers is na ‘n plaaslike hospitaal geneem waarna Roos met ‘n skouerbesering en harsingskudding wat hy tydens die beweerde aanranding opgedoen het, ontslaan is.
Pretorius het weens die beserings wat hy opgedoen het in die hospitaal gesterf.
Die polisie het die video-opnames van die beweerde voorval wat op sosiale media gedeel is gesien en die publiek gevra om dit nie te versprei nie, aangesien dit met die ondersoek kan inmeng.
Lt.genl. Sello Kwena die provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, en dr. Rachel Makhari, die direkteur van openbare vervolging, het vir kalmte gevra om die staat toe te laat om hul ondersoek te voltooi om die skuldige voor die hof te bring.
Bron: Noordwes NVG
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel