Kleuter (2) dood wat homself skiet

Lees ook :

Kleuter (2) dood wat hom met geweer skiet
Kleuter (2) dood wat hom met geweer skiet fotokrediet: Canva

Lees ook: Vrou (20) wat glo kleuter doodmaak, bly in aanhouding

GEORGIA, VSA. – ‘n Kleuter (2) is dood na hy hom per ongeluk in die bors geskiet het terwyl sy ouers inkopies gedoen het.

Nakyzi Odums was op 3 Julie alleen in sy ouers se motor terwyl sy ouers vuurwerk by ‘n nabygeleë stalletjie gekoop het. Volgens getuies het sy ouers ‘n skoot gehoor en teruggehardloop motor toe waar hulle gesien het hulle seuntjie het hom in die bors geskiet.

Nakyzi is na ‘n hospitaal geneem en later na ‘n traumasentrum in Florida geskuif waar hy Saterdag oorlede is.

Dit is onbekend hoe Nakyzi die pistool in die hande gekry het, maar dit was moontlik in die motor se deur.

Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.

Bronne: The Independent, USA Today, Times of India

Lees ook: Vrou (20) wat glo kleuter doodmaak, bly in aanhouding

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief