Kleuter (3) en ma doodgeskiet voordat pa homself skiet

Lees ook :

Foto's: VIP Protection Services

KWAZULU-NATAL. – ‘n Pa het Saterdag eers sy eks en kleuterdogter (3) in Clayfield, Phoenix doodgeskiet voordat hy die vuurwapen op homself gerig het.

KZN VIP Protection Services is kort na 13:00 na ‘n skiettoneel ontbied. Met aankoms is getraumatiseerde lede van die publiek wat die insident aanskou het, aangetref. Volgens voorlopige aanduidings is verskeie skote en ‘n vrou wat om hulp skree, gehoor.

Met die hulp van reaksie-eenhede en mediese beamptes wat ingeroep is, is daar saam met die SAPD en GPF, asook ander sekuriteitsdienste na die verdagte gesoek.

By die man se huis is daar op die gru-toneel afgekom. Al drie die gesinslede is dood verklaar, die vrou by haar huis en die man en kind by sy huis.

KZN VIP Protection Services sê die tonele het lede van die gemeenskap sowel as nooddienspersoneel getraumatiseer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief