KWAZULU-NATAL. – ‘n Kleutermeisie is kritiek nadat sy vanmiddag deur ‘n voertuig naby Mandeni gestamp is.
Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê ‘n ambulans is na die toneel.
Met aankoms op die toneel is die 4-jarige met kritieke beserings gevind. Sy is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer voordat sy deur ‘n Air Mercy-lugambulans na ‘n gepaste fasiliteit in Tongaat gevlieg is.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: