KIMBERLEY – ’n Kleuter (5) het by Riverton-vakansieoord verdrink.
Kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.
Die polisie versoek die publiek weereens om kennis te neem van die volgende veiligheidswenke:
- Ouers moet nie minderjariges sonder toesig laat swem nie.
- Moet nooit ’n jong kind sonder toesig naby water laat kom nie en moet nooit ’n kind verantwoordelik maak vir ’n ander kind nie.
- Leer kinders om altyd toestemming te vra om naby water te gaan.
- As ’n kind vermis word, moet jy eerste in die water gaan kyk. Sekondes tel om verdrinking of permanente ongeskiktheid te voorkom.
- Installeer heinings rondom jou swembad. ’n Swembadheining moet aan alle kante van die swembad omsingel.
- Toesig is die sleutel om verdrinking te voorkom. Toesig beteken om heeltyd na jou kind te kyk, en nie net af en toe nie. Dit neem slegs ’n paar sekondes voordat ’n kind verdrink.
- Jy moet die kinders altyd saamneem as jy die waterarea verlaat, selfs vir ’n oomblik.
- Mense moenie swem of naby water speel nie as hulle onder die invloed van alkohol is nie.