Kleuters wat oleanderblare eet, sterf

Lees ook :

Foto's: Capricorn-distriksmunisipaliteit

LIMPOPO. – Katlego Machaba (2) en Koketso Kekana (2) het Vrydag gesterf nadat hulle en nog drie kinders tussen een en vyf jaar oud buite gespeel en die blare van ‘n Cascabela Thevetia geëet het.

Kgabo Senyatsi, woordvoerder vir die Capricorn-distriksmunisipaliteit, sê in ‘n verklaring die kinders het “Malapana” gespeel. Twee van die kleuters het siek gevoel en het opgegooi, gesweet en loopmaag gehad. Een is na die Mokgoto-kliniek geneem en is dood verklaar. Die tweede kleuter is na Zebediela-hospitaal geneem en het daar gesterf. Die drie ander kinders is vir waarneming na Zebediela-hospitaal geneem, maar is sedertdien ontslaan.

Geeloleander (Cascabela Thevetia) is inheems aan tropiese en subtropiese streke en dra heeljaar ‘n heldergeel blom. Die blare van die boom is giftig en dodelik.

Rdl. Mamedupi Teffo, die uitvoerende burgemeester, het medelye met die families van die oorlede kinders betuig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief