Brekende Nuus
Afrikaans

Knewel van ‘n diamant gevind

Foto: Lucara Diamond
Foto: Lucara Diamond

INTERNASIONAAL. – Lucara Diamant Korporasie het Dinsdag ‘n diamant van 2.492 karaat by sy Karowe-diamantmyn in Botswana ontdek.

Die diamant, wat groter is as ‘n gholfbal … of twee, is een van die grootste ongeslypte diamante wat nog ooit ontdek is.

Die knewel is boonop met X-straal-tegnologie ontdek.

Lees die volledige verklaring hier: https://lucaradiamond.com/newsroom/news-releases/lucara-recovers-epic-2-492-carat-diamond-from-the-122900/