Komediant skei na amper twee jaar

Lees ook :

Die Bezuidenhouts op hulle troudag Foto: Schalk Bezuidenhout Instagram

Schalk Bezuidenhout, Suid-Afrikaanse komediant en akteur, het aangekondig hy en Mica McKechnie se huwelikspaaie gaan na amper twee jaar van getroude lewe skei.

Bezuidenhout het die aankondiging met ‘n FAQ (Frequently Asked Questions) op sosiale media gemaak. Die egpaar het in 2019 verloof geraak en in Desember 2022 die knoop deurgehak.

Hy het speels gesê Huisgenoot het geweet nog voordat hy geweet het: “Sê wat jy wil oor Huisgenoot, maar hulle is oppit hoor! Ek dink hulle het al geweet ek skei voor ek het!”

Jeani Meyer van Bloemfontein, wat ‘n ou foto van haar en Bezuidenhout op sosiale media gedeel het, het vanoggend wakker geword om te lees sy word verkeerdelik as Schalk se vrou aangesien.

“En so word ek toe op ‘n Vrydag wakker en sien tot my verbasing dat ek en Schalk Bezuidenhout getroud is, maar ongelukkig op skei staan 🫣😳 Rosestad 100.6 FM – Waar jy wil wees, hierdie is ‘n STOKOU foto van my en Schalk by een van sy shows by Kovsies. Ek stel voor google “Schalk Bezuidenhout wife” vir ‘n korrekte kiekie vir jul artikel. Ook, waar kry julle hierdie horibale beligte foto?? Het ek wraggies hierdie foto 5 jaar gelede gepost? 😳 Wys net hoe baie ek van Schalk se grappies hou 😉 Kon julle nie maar een van my mooier foto’s gekies het vir my “In-die-nuus-debut” nie?? 🤣 Aan Schalk, strongs. Ek sien die berigte en kommentaar loop woes vanoggend 😱

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief