VSA. – ‘n Jurielid is van die sekshandelsaak van kletsrymer Sean “P Diddy” Combs verwyder oor “teenstrydige antwoorde” oor waar hy woon.
Lees ook: Sean ‘P Diddy’ Combs dagvaar oor dokumentêr
Tydens die kies van die jurie het die jurielid gesê hy woon in die Bronx-gedeelte van New York, maar hy het meer onlangs vir ‘n hofpersoneellid gesê hy het by sy meisie in New Jersey ingetrek.
Regter Arun Subramanian het gesê hy het “teenstrydighede” gevind in die jurielid se antwoorde, wat kan beteken hy het moontlik “gelieg” om lid van die jurie te wees. Hy is vervang met ‘n alternatiewe jurielid, ‘n wit pa van Westchester.
Combs se prokureurs het gesê die besluit om die swart jurielid te verwyder, beteken Combs sal “benadeel” word omdat dit die diversiteit van die jurie beïnvloed.
Bronne: BBC, Sky News, USA Today






One Response
http://farmaciabesurica.com/# farmacia online Italia