Kommer oor getalle van a-pokke wat wêreldwyd styg

Lees ook :

Kommer oor a-pokke wat wêreldwyd styg
Kommer oor a-pokke wat wêreldwyd styg fotokrediet: Canva

Lees ook: Weerwaarskuwings vir verskeie provinsies uitgereik

Die WGO, nasionale instituut vir oordraagbare siektes en ander professionele mense in die gesondheidsektor het die week oor a-pokke vergader.

Kommer heers oor die aantal gevalle van a-pokke wat wêreldwyd tot 97 745 bevestigde gevalle, 535 moontlike gevalle en 203 sterfgevalle gestyg het.

Die siekte is reeds in 116 lande wat lid is van die WGO aangemeld. In Afrika is 30 persone aan a-pokke dood. In Suid-Afrika is drie persone dood, agt in die Kongo, drie in Kameroen en vyf in Liberië.

Die departement van gesondheid het gewaarsku die aantal gevalle in Suid-Afrika sal waarskynlik oor die volgende paar weke styg. Mense word aangemoedig om goeie higiëne toe te pas, aangesien a-pokke deur fisiese kontak versprei.

Bronne: IOL, EWN, South African Official News

Lees ook: Weerwaarskuwings vir verskeie provinsies uitgereik

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief