GAUTENG. – Matome Chiloane, LUR vir onderwys, is bekommerd oor die moorde op onderwysers, onderskeidelik verbonde aan Hoërskool Riverside in Vanderbijlpark en Hoërskool Unity in Daveyton. Albei is Vrydag doodgeskiet.
Steve Mabona sê ‘n lewensoriëntering-onderwyseres van Hoërskool Riverside was Vrydagoggend onderweg skool toe toe sy naby die Vaal-kampus van die Universiteit van Noordwes by ‘n verkeerslig deur onbekende verdagtes doodgeskiet is.
Mabona sê Vrydagaand is ‘n departementshoof van Hoërskool Unity ook in sy voertuig in Daveyton doodgeskiet.
Beide die moorde word ondersoek.
Sielkundige ondersteuning sal vandag aan leerders en onderwysers van beide skole gebied word.
“We are deeply concerned at the onslaught of our educators following the deaths of two educators which occurred on the same day and involved shootings. We wish to extend our sincerest condolences to their respective families and school communities, while pleading law enforcement agencies to bring the culprits of these senseless killings to book,” sê Chiloane.





