Kommer oor stygende gevalle van ‘vleesetende’ infeksie in Japan

Lees ook :

Kommer oor stygende gevalle van 'vleesetende' infeksie in Japan
Kommer oor stygende gevalle van 'vleesetende' infeksie in Japan fotokrediet: Canva

Lees ook: Buitelander in hegtenis wat presidensiële inhuldiging probeer bywoon

JAPAN. – Meer as 1 000 gevalle van ‘n hoogs fatale infeksie deur ‘n “vleesetende” bakterie is sedert Januarie in Japan aangemeld.

Streptokokkale toksiese-skok-sindroom (STSS) wat deur die bakterie Streptococcus pyogenes veroorsaak word, is tans in omloop in Japan. Simptome is gewoonlik koors en keelinfeksies, maar dit kan vinnig verander in ‘n noodgeval wat “toksiese skok” veroorsaak en organe binne dae laat ingee.

Die bakterieë word op die vel gedra, maar sodra dit in die bloedstroom kom, vernietig dit selle en liggaamsweefsel, vandaar die benaming vleesetende bakterie.

Die rede vir die styging in gevalle is onbekend. Mense word aangeraai om handhigiëne te handhaaf.

Bronne: DW – South Africa, The Washington Post, First Post

Lees ook: Buitelander in hegtenis wat presidensiële inhuldiging probeer bywoon

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief