Konstabel bly in aanhouding nadat aangehoudene glo verkrag is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Konst. Siyabonga Morris Mbane (40) sal weer op 17 Desember vir ‘n formele borgaansoek in die Blue Downs-landdroshof voorkom. ‘n Vroulike aangehoudene het hom van verkragting by Mfuleni-polisiestasie beskuldig.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê Mbane bly in aanhouding totdat sy saak weer voorkom.

Lizzy Suping en Phaladi Shuping van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), die polisie se waghond,  sê in ‘n gesamentlike verklaring Mbane is by Mfuleni-polisiestasie gestasioneer. Hy het reeds op 2 Desember vir beweerde verkragting in die hof verskyn, waarna die saak tot 9 Desember vir ‘n formele borgaansoek uitgestel is.

Die slagoffer (26) wat vir beweringe van ontvoering en poging tot moord aangehou is, beweer sy is in die vroeë oggendure van 28 November in ‘n leë sel verkrag. Sy is daarna weer in haar sel saam met sewe ander vroue toegesluit.

Die slagoffer het die insident by die polisielede op die oggendskof aangemeld, waarna dit aan Opod gerapporteer en die polisiekonstabel gearresteer is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief