Lees ook: Vrou (20) in hegtenis vir moord en poging tot moord
MPUMALANGA. – ’n Polisiekonstabel en drie ander persone is Donderdag in ’n kop-aan-kop-botsing tussen Dullstroom en Belfast dood.
Die konstabel was in ’n gemerkte polisievoertuig en die ander drie persone was in ’n wit dubbelkajuitbakkie. Hy is op die toneel dood verklaar en die twee vrouens in die ander voertuig is in ‘n hospitaal oorlede. Die manlike insittende van die bakkie is Vrydag oorlede. Een van die vrouens en die man was toeriste van Amerika.
Bronne: SAPD
Lees ook: Vrou (20) in hegtenis vir moord en poging tot moord





