Lees ook: Sakeman gered, vyf in hegtenis vir ‘ontvoering’
MOREMADIPARK. – ’n Vrou (20) is in hegtenis geneem vir ’n moord en poging tot moord.
Die polisie is geskakel na die vrou glo ’n kleuter (3) met ’n graaf doodgeslaan het en die ma (24) van die kind aangeval het. Volgens die polisie het die vrou die ma met kookwater gegooi.
Die slagoffers is die vrou en kind van ’n buitelander, wat glo eers die verdagte se kêrel was.
Die verdagte sal na verwagting vandag in die hof verskyn. Die polisie ondersoek nog die saak.
Bronne: SAPD





