Konstabel tydens roof doodgeskiet

Lees ook :

Foto: SAPD

WES-KAAP. – Konst. Ayanda Moyikwa is Sondag onderweg werk toe doodgeskiet toe hy op ‘n rooftog in Mfuleni reageer het wat hy voor hom sien afspeel het.

Brig. Athlenda Mathe sê Moyikwa is doodgeskiet, waarna sy beursie en selfoon gevat is. ‘n Mannejag is geloods om die polisiebeampte se moordenaars op te spoor.

Lt.genl. Tebello Mosikili, die waarnemende nasionale kommissaris, en lt.genl. Thembisile Patekile, die provinsiale kommissaris van die provinsie, het Sondag die huis van die oorledene besoek.

Mosikili het die aanvalle en moord van polisiebeamptes veroordeel en het gemeenskappe versoek om saam met die polisie te werk om misdadige aktiwiteite in gemeenskappe aan te meld. Polisiebeamptes is daaraan herinner om operasioneel gereed te wees en altyd seker te maak hulle beskermende toerusting en hulpmiddele is in ‘n goeie werkende toestand.

Vyf polisiebeamptes het reeds vandeesmaand in die uitvoering van hulle pligte gesterf.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief