Die Konstitusionele Hof het beslis dele van die Wet op Suid-Afrikaanse burgerskap is ongrondwetlik en dat dit onwettig mense se burgerskap terugtrek wanneer mense ’n addisionele burgerskap kry.
Lees ook: Dodetal styg in wraakaanvalle van Indië op Pakistan
Deel 6(1) van die wet het dit gestel dat Suid-Afrikaners outomaties burgerskap verloor wanneer hulle willekeurig burgers van ’n ander land word, tensy hulle vooraf by die minister van binnelandse sake aansoek doen om hulle SA-burgerskap te hou.
Die Konstitusionele Hof het beslis Deel 6(1) bots met Deel 20 van die grondwet wat duidelik lees: “Geen burger mag ontneem word van hulle burgerskap nie”.
Dit volg na die DA die hof genader het vir duidelikheid ná ’n bevel van die hoogste hof van appèl dié deel van die wet ongrondwetlik verklaar het.
Die Konstitusionele Hof het beslis enigiemand wat hulle burgerskap verloor het onder deel 6(1), het nou weer hulle burgerskap terug en dat die minister en direkteur-generaal van binnelandse sake die DA se regskostes moet betaal. Albei het gesê hulle sal hou by die Konstitusionele Hof se beslissing.
Bronne: SA People, EWN, The Citizen
Lees ook: Dodetal styg in wraakaanvalle van Indië op Pakistan