Die departement van gesondheid werk saam met die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) en die Gautengse gesonsheidsdepartement om kontakopsporing te doen nadat twee passasiers aan boord van die MV Hondius internasionale passasierskip aan die hantavirus gesterf het. Een van die afgestorwenes se vrou het op die OR Tambo Internasonale Lughawe inmekaargesak. Dié ernstige akute respiratoriese infeksies het op die skip uitgebreek.
Foster Mohale, departementele woordvoerder, sê ‘n Britse burger, wat ook positief vir die hantavirus getoets het, is kritiek en in isolasie, waar hy behandeling in ‘n privaat hospitaal in Sandton ontvang. Hy sê egter die publiek hoef nie paniekerig te raak nie, aangesien slegs twee pasiënte van die passasierskip binne Suid-Afrika se grense was. Die skip, met ongeveer 150 toeriste aan boord, het van Ushuaia in Suid-Argentinië vertrek en was op pad na die Kanariese eilande.
‘n 70-jarige man het eerste siek geword met koors, hoofpyn, buikpyn en diarree. Hy is oorlede toe die skip St. Helena bereik. Sy 69-jarige eggenote het later by OR Tambo Internasionale Lughawe ineengesak en ook gesterf. Laboriatoriumtoetse van die vrou is nog nie bekend nie.
Lees meer hier onder:







