Koop jou Springbok-toetskaartjies hiér

Lees ook :

Kaartjies vir die eerste toets is vandag beskikbaar. Foto: SA Rugby

SUID-AFRIKA. – Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie het die pryse en datums bekendgemaak van die kaartjies vir die kragmetings tussen die Springbokke en internasionale spanne wat op Suid-Afrikaanse bodem gaan plaasvind. Kaartjies vir die eerste wedstryd kan van vandag af gekoop word.

Kaartjiepryse vir die tuistoetse begin by R350. Wedstryde sal in Pretoria, Bloemfontein, Durban, Johannesburg, Nelspruit en Kaapstad plaasvind.

Alle kaartjies kan by Ticketpro gekoop word.

Die skedule vir die wedstryde en kaartjieverkope is as volg:

6 Julie 2024 – SA teen Ierland (Loftus Versfeld, Pretoria): Kaartjies word vanaf 4 Maart verkoop.

13 Julie 2024 – SA teen Ierland (Hollywoodbets Kings Park, Durban): Kaartjies word vanaf 11 Maart verkoop.

20 Julie 2024 – SA teen Portugal (Toyota-stadion, Bloemfontein): Kaartjies word vanaf 22 Maart verkoop.

31 Augustus 2024 – SA teen Nieu-Seeland (Emirates Park, Johannesburg):

7 September 2024 – SA teen Nieu-Seeland (DHL-stadion, Kaapstad)

28 September 2024 – SA teen Argentinië (Mbombela-stadion, Nelspruit)

Datums waarop kaartjies vir die laaste drie toetse gekoop kan word, sal aangekondig word.

Bronne: SARU, SuperSport

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief