OOS-KAAP. – Die koplose liggaam van Uluntu Stuurman (22) is Woensdag 15 Mei in die Tsemgiwe- administratiewe area in Cala ontdek. Die kop is dae later, 3 km van die misdaadtoneel, gevind.
Kol. Priscilla Naidu sê ‘n skaapwagter het die koplose vroueliggaam op 15 Mei in die Ndaba-berg teëgekom. Deur die daaropvolgende polisie-ondersoek is twee verdagtes op 19 Mei op aanklag van die moord vir ondervraging ingeneem.
Die moordondersoek duur voort.





