Korona-virus sal na Kimberley-hospitaal verwys word, sou dit uitbreek

Lees ook :

Die departement van gesondheid het die standaard prosedure vir die voorkoming en behandeling van die koronavirus in plek gestel indien dit in Suid-Afrika sou uitbreek.

Die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley is aangewys as die hospitaal waar pasiënte wat in die Noord-Kaap met die virus gediagnoseer word, behandeling sal ontvang.

Die aangewese hospitale vir behandeling in elke afsonderlike provinsie in Suid-Afrika is as volg:

Limpopo: Polokwane-hospitaal

Mpumalanga: Rob Ferreira-hospitaal

Gauteng: Charlotte Maxeke-hospitaal, Steve Biko-hospitaal en Thembisa-hospitaal

KwaZulu-Natal: Greys-hospitaal

Noord-Wes: Klerksdorp-hospitaal

Vrystaat: Pelonomi-hospitaal

Noord-Kaap: Kimberley-hospitaal

Oos-Kaap: Livingston-hospitaal

Wes-Kaap: Tygerberg-hospitaal

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App