Lees ook: Saak teen Zizi Kodwa tot 24 Oktober uitgestel
Aanklaers het die aanklagtes teen die voormalige minister van sport, kuns en kultuur, Zizi Kodwa, en sy medebeskuldigde, Jehan Mackay, laat vaar.
Die twee het vanoggend in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklagtes van korrupsie toe dit aangekondig word die aanklagtes teen hulle is laat vaar.
Kodwa was beskuldig daarvan dat hy omkoopgeld aanvaar het vir sy invloed oor IT-tenders vir die regering. Hy het gesê hy is gereed om weer te begin werk noudat die klagtes teen hom teruggetrek is.
Bronne: ECR, Jacaranda FM, SABC




