Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën oor die grootste deel van die land vir vandag voorspel. ’n Oranje vlak 5-waarskuwing vir erge reën vir is vir dele van die Oos-Kaap uitgereik.
Lees ook: Hoogste hof in VK beslis ’n vrou is ‘n vrou oor biologiese geslag
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge reën is ook vir dele van die Oos-Kaap uitgereik. Die Noord-Kaap is met ‘n geel vlak 2- oor erge donderstorms en die Wes-Kaap met ’n geel vlak 2-kennisgewing vir erge reën gewaarsku.
Motoriste word herinner om laagliggende brûe te vermy. Mense word gemaan om weg te bly van lopende water.
Bronne: SAWD
Lees ook: Hoogste hof in VK beslis ’n vrou is ‘n vrou oor biologiese geslag





