Brekende Nuus
Afrikaans

Kouefronte bring nog sneeu

Kouefronte bring nog sneeu

fotokrediet: Canva
Kouefronte bring nog sneeu fotokrediet: Canva

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gewaarsku oor nog twee kouefronte wat die land hierdie week gaan tref.

Lees ook: Ses mense dood in vliegtuigongeluk

Luidens ’n berig van Snow Report Southern Africa is weer sneeu vir die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Noord-wes, Mpumalanga, Gauteng en Lesotho voorspel. Daar word verwag dat dit Donderdag sal begin sneeu en dat dit tot ten minste Maandag sal voortduur.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ook gewaarsku dat die kouefront erge reën en wind kan bring. Mense word herinner om die weer dop te hou vir enige verandering. Troeteldiere moet indien moontlik binnenshuis gehou word.

Bronne: Snow Report Southern Africa

Lees ook: Ses mense dood in vliegtuigongeluk