KWAZULU-NATAL. – ‘n Baba (1) wat in ‘n swembad gedryf het, is vanoggend (Woensdag) gered omdat familie die nodige kennis gehad het om KPR te kon toepas.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens het net voor 07:30 verskeie oproepe van ‘n verdrinking in Springdalestraat, in die Kloof-gebied, Pinetown, gekry. Terwyl paramedici onderweg is, is berig ontvang dat die baba uit die swembad gehaal is en KPR toegepas word. Die baba was wakker en het gehuil. Volgens Jamieson het paramedici vasgestel die familie se KPR-kennis is dadelik toegepas. Die baba is deur paramedici geassesseer en is in ‘n stabiele toestand na ‘n hospitaal geneem.
Jamieson sê die voorval herinner net weer aan die belangrikheid van kennis oor KPR, omdat KPR lewens red.





