Kremlin sê waarskynlik vandag of Poetin samesprekings in Turkye gaan bywoon

Lees ook :

Kremlin sal waarskynlik vandag bevestig of Poetin samesprekings in Turkye gaan bywoon fotokrediet: X

RUSLAND. – ’n Russiese wetmaker, Leonid Slutsky, het gesê die Kremlin sal waarskynlik vanaand bevestig of pres. Wladimir Poetin môre die vredesamesprekings met pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne in Turkye sal bywoon.

Lees ook: Oekraïne sê Rusland oortree skietstilstand

Afvaardigings van Kijif en Moskou is veronderstel om môre in Istanboel samesprekings te hê oor die beëindiging van die oorlog.

Die Kremlin het gesê dit sal die Russiese afvaardiging bekend maak sodra Poetin toestemming gee om dit te doen, maar dat die afvaardiging daar sal wees.

Zelenski het gesê hy sal na Istanboel vlieg as Poetin opdaag en as “Poetin nie opdaag nie en speletjies speel, is dit die finale bewys dat hy nie die oorlog wil beëindig nie. Trump moet glo dat Poetin eintlik lieg”.

Intussen duur aanvalle tussen Oekraïne en Rusland voort, met nog sterfgevalle oornag in beide lande.

Bronne: The Independent, Sky News, Newsweek

Lees ook: Oekraïne sê Rusland oortree skietstilstand

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief