PIETERMARITZBURG, KZN. – KwaZulu-Natal se Tuskers-krieketspan gaan nie tydens die T20-reeks enige tuiswedstryde aanbied nie. Dit volg na ’n speler verlede week deur spelde op die veld beseer is.
Na bewering is die spelde op die veld agtergelaat na die KZN- provinsiale staatsrede wat deur premier Nomusa Dube-Ncube op 28 Februarie gehou is.
Krieket Suid-Afrika sê hulle wil die spelers se welstand en die integriteit van die sport beskerm. Daarom het hulle besluit om die KZN-binneland se tuiswedstryde na ander velde te verskuif.
Hulle werk glo saam met die relevante belanghebbendes om te verseker dat die toestand van die veld so gou as moontlik verbeter.
Bronne: SA Cricket Mag, Streeknuus





