Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die polisie op Letsitele in Limpopo het ’n ondersoek geloods na ’n groep verdagtes gister ’n kruidenierswinkel beroof het en die bestuurder (26) doodgeskiet het.
Vier verdagtes het om 19:00 by die winkel ingegaan en geld by die bestuurder geëis. Hy is doodgeskiet en vyf werknemers is beseer. Die verdagtes het twee 5 kg-braaipakke, drie selfone en R650 gesteel na hulle nie die kluis kon oopmaak nie.
Die polisie het gevra enigiemand met inligting moet kol. Mavis Shilubane skakel by 082 469 0900 of Crime Stop by 08600 10111.
Bronne: SAPS
Lees ook: Twee hoërskoolmeisies van Ekurhuleni pleeg glo selfdood





