Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Twee hoërskoolmeisies van Ekurhuleni het glo selfdood gepleeg deur gif te drink in aparte voorvalle, binne vyf dae van mekaar.
Die eerste meisie, ‘n gr. 12-leerling van Hoërskool Nigel, het glo verlede Donderdag gif gedrink terwyl sy by die huis was. Die tweede meisie, ‘n gr. 8-leerling van Sekondêre Skool Geluksdal, het na bewering Dinsdagaand gif by die huis gedrink.
Die departement van onderwys se woordvoerder, Matome Chiloane, het gesê die departement probeer die meisies se families in die hande kry om uit te vind wat tot die twee gevalle van selfdood gelei het.
Die polisie is ook besig om die voorvalle te ondersoek.
Enigiemand met selfdoodgedagtes kan die SA depression and anxiety groep bel by 0800 567 567 of SMS by 31393. Kinders wat hulp nodig het, word aangemoedig om Childline te kontak by 116.
Bronne: IOL, Jacaranda FM, SowetanLIVE
Lees ook: Vermiste persoon in Kabegapark gesoek





