Kubaanse dokter met waarskuwing vry ná ‘steel van medisyne’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – Dr. Yamilet Castanedan (54), ‘n Kubaanse burger, het Dinsdag op ’n aanklag van die diefstal van medikasie by die Thabazimbi-hospitaal in die plaaslike landdroshof verskyn en is ná ‘n waarskuwing vrygelaat.

Mashudu Malabi, NVG-woordvoerder, sê Castanedan se saak is vir verdere ondersoek tot 28 November uitgestel. ‘n Veiligheidsbeampte van die hospitaal het die dokter op die oggend van 2 September tydens ‘n roetine-soektog met ongemagtigde medikasie betrap. Die totale waarde van die teruggevinde items word op sowat R1 780,87 geraam.

Malabi sê die saak is vir verdere ondersoek uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief