Kubaanse dokter in hof oor ‘medikasiediefstal’ by Thabazimbi-hospitaal

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – Dr. Yamilet Castaneda (54),’n Kubaanse dokter, het op 23 Oktober in die Thabazimbi-landdroshof voorgekom nadat sy daarvan beskuldig is dat sy medikasie by die Thabazimbi-hospitaal gesteel het.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die dokter is op waarskuwing vrygelaat en die saak is vir verdere ondersoek tot 28 November uitgestel. Die beweerde diefstal het op 2 September, kort voor 07:00, plaasgevind toe ’n veiligheidsbeampte by die hospitaal se hoofhek tydens ’n roetine-soektog ongemagtigde medikasie in die dokter se besit gevind het. Sy is daarna na haar kantoor geneem waar nog medikasie ontdek is.

Die voorval is by die polisie aangemeld en ná verdere ondersoeke is die dokter op 22 Oktober in hegtenis geneem toe sy van ’n reis na Kuba teruggekeer het. Ledwaba sê die polisie se ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief