Brekende Nuus
Afrikaans

Kuberveiligheidsmaatskappy betrokke by Olimpiese Spele meld verlies aan

Die firma sal die uitslae van die Olimpiese en Paralimpiese Spele byna onmiddellik aan die media stuur tydens die Spele.

Kuberveiligheidsmaatskappy betrokke by Olimpiese Spele meld verlies aan fotokrediet: Canva
Kuberveiligheidsmaatskappy betrokke by Olimpiese Spele meld verlies aan fotokrediet: Canva

Lees ook: Sak met sensitiewe inligting oor Olimpiese Spele gesteel

FRANKRYK. – Die IT-maatskappy Atos, wat verantwoordelik is vir die kuberveiligheid en dataverskaffing vir die Paryse Olimpiese Spele, het ‘n groot jaarlikse verlies aangemeld. Hulle het egter gesê hulle geldelike probleme sal nie ‘n impak op die Olimpiese Spele hê nie.

Die firma sal die uitslae van die Olimpiese en Paralimpiese Spele byna onmiddellik aan die media stuur tydens die Spele.

Atos het ‘n verlies van 3.4 miljard euro in 2023 ervaar na bate-afskrywings, maar hulle is van plan om hulle skuld teen Julie te verbeter. Die maatskappy moet 3.65 miljard euros teen die einde van 2025 terugbetaal.

Organiseerders van die Olimpiese Spele verwag dit sal ‘n teiken wees vir kuberaanvalle. Daar is ook kommer na veiligheidsplanne van ‘n trein gesteel is.

Die Olimpiese Spele vind van 26 Julie tot 11 Augustus plaas.

Bronne: eNCA, Briefly, Digital Journal

Lees ook: Sak met sensitiewe inligting oor Olimpiese Spele gesteel