Brekende Nuus
Afrikaans

Sak met sensitiewe inligting oor Olimpiese Spele gesteel

Die ingenieur het uitgevind sy sak is weg toe hy na ’n ander trein wou oorklim.

Sak met sensitiewe sekuriteitsinligting oor Olimpiese Spele gesteel

fotokrediet: Canva
Sak met sensitiewe sekuriteitsinligting oor Olimpiese Spele gesteel fotokrediet: Canva

Lees ook: Parys- Olimpiese medaljes gaan element van Eiffel-toring bevat

FRANKRYK. – ’n Sak met ’n rekenaar en twee USB’s met die polisie se veiligheidsplanne vir die Olimpiese Spele is gister gesteel.

Die ingenieur aan wie die sak behoort het, het dit in die bagasieruim bo sy sitplek tydens ‘n treinrit gesit. Hy het uitgevind sy sak met die geheuestafies is weg toe hy na ’n ander trein wou oorklim.

Die polisie is besig om die saak te ondersoek.

Tweeduisend polisiebeamptes sal tydens die Olimpiese Spele ontplooi word en 35 000 sal elke dag van die Spele wat op 26 Julie begin aan diens wees.

Bronne: The Guardian, Time, The Telegraph

Lees ook: Parys- Olimpiese medaljes gaan element van Eiffel-toring bevat