Kurt ‘beenaf’ maar dans wil hy dans

Lees ook :

Kurt beenaf, maar dans wil hy dans. Foto: Facebook

Die Afrikaanse sanger, Kurt Darren, het onlangs ’n plasing op sy Instagram gemaak. In die foto het hy ’n “moonboot” aan sy regtervoet en staan hy met krukke.

“Kom ons dans op die tafels … die volgende maand se shows gaan baie interessant wees,” skerts hy.

Aanhangers brand van nuuskierigheid oor presies wat met sy voet gebeur het. Een aanhanger dink daar gaan iets positief uit die besering kom. “Ek kan onthou elke keer as goed soos dié gebeur, kom daar net goeie hit songs uit jou pen uit, Kurt,” skryf @jdrumming4 op Instagram.

Boodskappe van beterskap het saam met raaiskote oor sy “besering” ingestroom.

Bron: Instagram

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief