Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: 100de dolfyne baljaar op een slag in Mosselbaai

Foto's: Skermgrepe van video-opnames Harcouts Hartenbos en Hartenbos Property Group
Foto's: Skermgrepe van video-opnames Harcouts Hartenbos en Hartenbos Property Group

Video’s van honderde dolfyne wat in die seewater by Mosselbaai baljaar, is vandag op verskeie platforms te sien.

Die boonste video deur Isabel Geldenhuys is op die Harcourts Hartenbos Facebook-blad gedeel. Die tweede video is deur Hartenbos Property Group gedeel en ook van Die Punt.

Die volgende twee video’s is onderskeidelik deur Cinematic Travel SA en Delfinos Mosselbaai. In die onderste video kan Die Punt van Mosselbaai aan die regterkant gesien word.

Die video’s word wyd gedeel.

Die gebeurtenis is as ongelooflik beskryf.