KYK: 18 sterf in ongeluk tussen minibustaxi, vragmotor en motor

Lees ook :

Foto: KZN Departement van Vervoer en Menslike Nedersettings

KWAZULU-NATAL. – Al die bane van die Van Reenen-pas is Maandagaand omstreeks 21:45 vir verkeer gesluit toe ‘n minibustaxi, vragmotor en ligte motor tussen 20:30 en 21:00 in ‘n ongeluk betrokke was. Tot dusver het 18 persone gesterf.

Ndabezinhle Sibiya, woordvoerder vir die departement van vervoer en menslike nedersettings in die provinsie, sê 13 volwassenes en vyf kinders het gesterf.

Die N3 Toll Concession (N3TC) sê in ‘n verklaring die ongeluk het tot veelvuldige sterftes gelei. Alle dienste was op die toneel teenwoordig, wat hewige verkeerstilstand veroorsaak het. Die Tugela-plaza en Tugela East Ramp-plaza is ook gisteraand vir veiligheid vir verkeer in ‘n noordelike rigting gesluit. Teen net na 06:00 vanoggend is die bane vir verkeer in beide rigtings geopen, met die skoonmaak van die toneel wat nog later vanoggend moet gebeur.

Die area gaan onder swak weerstoestande, hewige mis en gevaarlike bestuurstoestande gebuk.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief