Waarskuwing! Die beeldmateriaal kan sommige lesers ontstel.
GAUTENG. – ‘n Meisie (9) het Woensdagoggend gesterf toe die voertuig van Shaun Mogaila, ‘n sokkerspeler vir Sekhukhune United, oor die middelman in Andrew Maphetostraat in Tembisa beweeg en met ‘n ander voertuig gebots het.
Thabiso Magkato, woordvoerder vir die Ekurhuleni-metropolisiedepartement (EMPD), sê beamptes het hulle omstreeks 07:30 na die ongeluk in Andrew Maphetostraat gehaas.
Die sokkerspeler, wat die swart BMW bestuur het, het na wat beweer word van die toneel gevlug. ‘n 9-jarige meisie het gesterf, terwyl die ma en haar ander dogter (13) uit die wrak gehaal en na die nabygeleë Tembisa Tersiêre Hospitaal geneem is.
“Ons het vier bottels Don Julio alkhol gekry. Ons het ook ‘n poeier, wat ons vermoed kokaïen en eetbare dagga kan wees, in sy voertuig gevind,” sê Makgato.
‘n Saak van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur en die verlaat van ‘n ongelukstoneel is by Tembisa-Suid-polisiestasie geopen. Mogaila het hom glo Woensdagmiddag by Rabie Ridge-polisiestasie oorgegee.



Foto: Shaun Mogaila Facebook





