Altesaam 40 laekostehuise vir persone wat met gestremdhede lewe, is in Atteridgeville oorhandig, nadat die Thwane-burgemeestershuis in 2017 verkoop is.
Cilliers Brink, die uitvoerende burgemeester van Tshwane, sê die burgemeestershuis is vir ongeveer R5.1 miljoen verkoop sodat die huise gebou kon word.
Mmusi Maimane het tydens sy tyd as uitvoerende burgemeester die projek begin om die burgemeestershuis te laat verkoop met die belofte vir die bou van dié huise. Brink sê alhoewel daar hindernisse was, is die 40 huise nou aan weerlose inwoners oorhandig.
Ofentse Madzebatela, raadslid van menslike nedersettings, het Brink tydens die oorhandiging bygestaan.





