Waarskuwing! Beeldmateriaal kan lesers ontstel.
WES-KAAP. – ‘n Man (73) en sy vrou (70) is Dinsdag omstreeks 05:18 in Challengerylaan, Plettenbergbaai, tydens ‘n staptog beseer toe hulle deur ‘n man met ‘n panga aangeval is.
Kapt. Frederick van Wyk sê aan Nuusflits die egpaar het gestap toe die verdagte hulle aangeval en probeer het om die vrou se handsak te gryp. Beide die vrou en haar man het teruggeveg. In die proses is die vrou se arm gebreek. Die verdagte het daarna weggehardloop. Die beseerde bejaardes is vir mediese hulp in ‘n privaat voertuig na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.
Nog geen arrestasies is gemaak nie en enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom. Plettenbergbaai-polisie ondersoek ‘n roof met verswarende omstandighede.





