KYK: Betaal tolgeld op die N3-tolroete nou só

Lees ook :

Foto: N3TC - N3 Toll Concession Pty Ltd

Vanaf 1 Desember word VISA- en MasterCard-magneetbankkaarte, wat vir ‘n transaksie deur ‘n kaartmasjien getrek word, nie meer by enige tolplazas op die N3-tolroete aanvaar nie. Dit sluit die hoofroete en opritte in.

Die N3TC – N3 Toll Concession Pty Ltd sê hierdie verandering is vir veiligheid en gemak aangebring.

Daar kan nou van TapAndGo-betalings gebruik gemaak word. SANRAL-tags, kontant en vlootkaarte word nog steeds aanvaar. Enige kontaklose debiet- of kredietkaart, hetsy VISA of Mastercard met ‘n mikroskyfie wat deur ‘n Suid-Afrikaanse bank uitgereik is, kan vir betaling gebruik word.

Alternatiewelik kan slimtoestelle soos selfone en horlosies wat met Apple Pay, Samsung Pay en Google Pay toegerus en aan ‘n virtuele of fisiese bankkaart gekoppel is, ook gebruik word.

Dit verseker dat jy jou kaart die hele tyd beheer.

Kyk hier onder na die video:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief