Vanaf 1 Desember word VISA- en MasterCard-magneetbankkaarte, wat vir ‘n transaksie deur ‘n kaartmasjien getrek word, nie meer by enige tolplazas op die N3-tolroete aanvaar nie. Dit sluit die hoofroete en opritte in.
Die N3TC – N3 Toll Concession Pty Ltd sê hierdie verandering is vir veiligheid en gemak aangebring.
Daar kan nou van TapAndGo-betalings gebruik gemaak word. SANRAL-tags, kontant en vlootkaarte word nog steeds aanvaar. Enige kontaklose debiet- of kredietkaart, hetsy VISA of Mastercard met ‘n mikroskyfie wat deur ‘n Suid-Afrikaanse bank uitgereik is, kan vir betaling gebruik word.
Alternatiewelik kan slimtoestelle soos selfone en horlosies wat met Apple Pay, Samsung Pay en Google Pay toegerus en aan ‘n virtuele of fisiese bankkaart gekoppel is, ook gebruik word.
Dit verseker dat jy jou kaart die hele tyd beheer.
Kyk hier onder na die video: