Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Bioluminessensie op Tuinroete-strande vasgevang

Bioluminessensie in die seewater van die Tuinroete is vir die afgelope paar aande deur video's en foto's vasgelê.

Foto: Christiaan Stopforth Drone Fanatics SA
Foto: Christiaan Stopforth Drone Fanatics SA

TUINROETE. – Inwoners en besoekers is onlangs deur blou verligte branders veroorsaak deur bioluminessensie op strande vanaf Kleinbrakrivier tot by Glentana in die Mosselbaai-omgewing getrakteer.

Christian Stopforth van Drone Fanatics SA het ‘n ongelooflike video op sosiale media gedeel wat hy geneem het toe hy in die water gestap het en die verskynsel van lewende organismes wat die seewater verlig, vasgevang het.

Cinematic Travel SA het ook die gebeurtenis met video’s en foto’s gedeel. Die uitsonderlike skouspel het ‘n paar aande lank plaasgevind.

Stopforth verduidelik soos volg wat bioluminessensie is:

Bioluminescence is the production and emission of light by living organisms. It is a form of chemiluminescence. Bioluminescence occurs widely in marine vertebrates and invertebrates, as well as in some fungi, microorganisms including some bioluminescent bacteria, and terrestrial arthropods such as fireflies.