Video in berig.
WES-KAAP. – Die polisie ondersoek ‘n voorval waarvan ‘n video wyd op sosiale media versprei word, van Nokuthula P. Kolwapi, die adjunkburgemeester van Bitou- plaaslike munisipaliteit, wat na bewering ‘n vuurwapen in die openbaar afvuur. Die voorval het glo Sondag by ‘n tradisionele seremonie in KwaNokuthula, naby Plettenbergbaai, plaasgevind.
Die ANC in die Wes-Kaap het aan Newzroom Africa gesê die burgemeester moet in hegtenis geneem word.
AO Christopher Spies sê aan Nuusflits Kwanokuthula-speurders ondersoek ’n saak van die rig van ’n vuurwapen ná ’n beweerde voorval in Sajinistraat, Kwanokuthula, wat Sondag, om ongeveer 10:30 plaasgevind het. Spies sê voorts polisiebeamptes van die Kwanokuthula-polisiekantoor het die perseel besoek nadat ’n video van die voorval op sosiale media versprei is. “Die ondersoek is nog in die vroeë stadium en geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.”
Spies sê die polisie kan tans nie besonderhede oor die betrokke individue bekendmaak nie.
The ANC in the Victor Molosi Region has called on police to conduct an investigation following a video circulating on social media, showing the Deputy Mayor of the Bitou Municipality in Plettenberg Bay, discharging a weapon in the township of KwaNokuthula. pic.twitter.com/BW8PCBL2BO
— News Live SA (@newslivesa) December 21, 2025
Bronne: IOL, Jacaranda FM en Kaya959






One Response
https://farmaciabesurica.shop/# farmacia online Italia