HONGKONG. – Die Springbokke se sewes-mansrugbyspan het goed begin in die Cathay/HSBC-Hongkong sewestoernooi deur oorwinnings oor Ierland en Spanje te behaal.
Die Blitsbokke het Ierland Vrydag met 22-17 geklop en Spanje met 24-10 gewen. Justin Geduld het ’n rooikaart teen Ierland gekry, dus mag hy vir die volgende drie wedstryde nie speel nie.
Volgens Philip Snyman, die Blitsbokke se afrigter, is hulle doelwit om die kwarteindrondte te haal. Hy is sover tevrede met hulle resultate en sê die oorwinnings is ’n bewys dat die spelers nog veggees in hulle het.
Die Blitsbokke kom Saterdag teen Samoa te staan.
Bronne: Super Sport, SA Rugby, Twitter
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: