KYK: Bloedbesmeerde badkamers in Kimberley-hospitaal

Lees ook :

KIMBERLEY – ’n Ontstelde leser wat die naweek by die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal was vir behandeling, het foto’s van die badkamers geneem.

Die leser sê sy was geskok oor die toestand van die toilette. “Dis vieslik vuil. Daar lê bloed en plastiekhandskoene en sanitêre doekies oral rond. Dié toilette is in die ongevalle-afdeling. Ek het foto’s geneem.”

Sy wil nie haar naam genoem hê nie, want sy is bang dit beïnvloed haar behandeling. “Geen mens – veral nie iemand wat siek is – moet aan sulke toestande blootgestel word nie.”

FiND iT het die hospitaal se kommentaar gevra in verband met die veiligheidsrisiko’s wat hierdie onhigiëniese toestande vir die pasiënte inhou. Lulu Mxexo, woordvoerder vir die departement van gesondheid, sê dié departement het by al die hospitale bokse waarin pasiënte klagtes van die aard kan plaas. Sy sê die persone verantwoordelik vir die skoonmaak van die hospitaal mag dalk nie te alle tye bewus wees van die toestand van die fasiliteite nie. Volgens Mxexo word die fasiliteite gereeld skoongemaak.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App