Waarskuwing Beeldmateriaal kan sensitiewe lesers ontstel
VRYSTAAT. – Die Parkweg-polisie het twee verdagtes gearresteer, maar soek na die slagoffers in ‘n blou Ford Fiesta wat gewelddadig in die Bloemfontein-sakegebied aangeval en beroof is. Beeldmateriaal van die voorval is op sosiale media te sien.
Sers. Mahlomola Kareli sê die ysigwekkende beeldmateriaal het dadelik ‘n mannejag na die twee verdagtes ontketen. Alhoewel geen kriminele saak by die polisie aangemeld is nie, is twee verdagtes, wat vermoedelik by die misdaad betrokke is, is spoedig gearresteer. Die ondersoek duur voort om meer verdagtes in hegtenis te neem.
“Die Parkweg-polisie is toegewyd om die veiligheid van alle inwoners en besoekers aan Bloemfontein te verseker. Ons werk hard daaraan om alle oortreders van hierdie misdaad voor die gereg te bring.”
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





